Debuut

Op die kruin van Shôdeville

’n KKNK en Suidoosterfees ko-produksie, ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting en NATi

MET Kevin Smith, Reginald Hufkie en Donovan Pietersen TEKS Herschelle Benjamin en Reginald Hufkie REGIE Herschelle Benjamin MUSIEK Reginald Hufkie VERHOOGBESTUURDER Zander Naudé VERVAARDIGER Reimagine Theatre Co. 

Marvin keer terug na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy vir een dag ’n tydjie saam met sy ou race walking coach, Uncle Smithie, kan spandeer. Hy was jare laas “innie Shôde”, waar sy jonger broer, Malcolm, nog vasgevang is in die euwels van die gemeenskap. Hy en Uncle Smithie onthou die goeie ou dae van SA kampioenskappe en hoe ’n sport soos race walking deure vir hom oopgemaak het. Maar met elke geleentheid was daar baie opofferings. . . Waar Marvin sy drome in die vermaaklikheidsbedryf uitleef ná sy atletiekloopbaan, spook die verlede en sy broer se agteruitgang by hom. Wat gebeur as twee vervreemde broers weer ontmoet en die letsels van ’n gebroke huis tot erge nagevolge lei? Dié semi-outobiografiese sportdrama vra hoe mens op die kruin van sukses jouself kan loswikkel uit die kloue van jou verlede. 

Afrikaans • Geen o.13 T • 70 min.
R140 (vooraf) • R125 (Vriende van die KKNK) • R155 (by die deur)
29 Maart, 17:00
30 Maart, 09:30
31 Maart, 16:30
Van Reedesaal

Het jy al gekyk na:

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy ...
’n Reeks idees, gedagtes en sketse uit die woelige kop van die multibekroonde komediant Yaaseen Barnes. In ’n tyd waarin ons elke oomblik van elke ...
Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan ...