MET Anna Davel, Schoemé Steenkamp en PuppeTrix se poppekaskarakters MUSIEK EN REGIE Anna Davel LIRIEKE Jaco Jacobs SAMESTELLING Anna Davel en Schoemé Steenkamp VERVAARDIGER Anna Davel
Dis tyd om die stokkerige arms en bene goed los te maak, die stemme warm te maak en lekker saam te sing, dans, lag en kuier. Anna Davel vertel stories en sing haar gunsteling-kinderliedjies en Schoemé Steenkamp van PuppeTrix bring vir Trix en al die poppekas-storiekarakters saam vir ’n vertoning vol avonture. Sien uit na musiek van die Ghoema- en Tempo-benoemde CD vir beste kinderalbum In die land van Kammalielie, asook nuwe liedjies van die kinderrympie-koning Jaco Jacobs se bundel en CD Rondomtalie. Die boek is ’n samestelling van 30 van Jacobs se beste kleuterverse, met musiek geskryf deur Anna Davel. Beide die boek en CD is beskikbaar tydens die vertoning, uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.