Set in Motion

Ontwikkel met ondersteuning van die Kaapstad-metro

MET Figure of 8 Dance Collective REGIE Grant van Ster CHOREOGRAFIE Figure of 8 Dance Collective TEKSGREPE Nico Scheepers STEL & KOSTUUMONTWERP Carin Bester BELIGTINGSONTWERP Andi Colombo KLANKONTWERP Shaun Oelf OORSPRONKLIKE MUSIEK Franco Prinsloo PRODUKSIE- EN VERHOOGBESTUURDER Marie Vogts

Set in Motion ondersoek die lewe se onverwagse draaie en ompaaie, asook die uitwerking daarvan op ons. Daar word gespeel met oomblikke van pyn, verwarring, hoop en geluk. Dit kyk hoe die lewe ons in verskillende rigtings kan trek en soms kan kelder om ten volle te leef. “A body in motion will stay in motion, and a body at rest will stay at rest. Unless an external force changes something.” Daar is altyd interne en eksterne faktore betrokke in hoe ons die lewe benader – redes vir ons hartseer, vreugde, nostalgie of herinneringe. Baie mense voel nou oorweldig deur die lewe. Dié produksie ondersoek wat die lewe mooi maak en laat die gehoor die teater verlaat met nuwe insette oor die lewe en hul eie lewe. ’n Mens voel gereeld of die lewe buite beheer raak, maar as jy net vir ’n oomblik stil word en kalm kyk na wat aangaan, sal jy jou doel vind en tot ruste kom.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
R140 (vooraf) • R125 (Vriende van die KKNK) • R155 (by die deur)
25 Maart, 10:00
26 Maart, 10:00
NATi-Gimsaal

Het jy al gekyk na:

Joburg Ballet begin die 2024-balletjaar met Scar/City, ’n opwindende trio van werke wat een Suid-Afrikaanse première en twee wêreldpremières insluit, in ’n program wat die ...