MET Joburg Ballet CHOREOGRAFIE Jorge Pérez Martinez, Dada Masilo en Hannah Ma BELIGTINGSONTWERP Simon King en Berry Claassen PRODUKSIEBESTUURDER Vanessa Nicolau VERVAARDIGER Joburg Ballet
Joburg Ballet se SCARCITY is ’n opwindende trio van werke wat een Suid-Afrikaanse première en twee wêreldpremières insluit. Skaarsheid is iets waaraan baie Suid-Afrikaners gewoond geraak het, hetsy weens ’n gebrek aan dienslewering in die stedelike konteks of ’n verlies aan waardigheid. Hierdie werke neem die sosiale konteks van ons lewens in oënskou en verken die gebrek aan natuurlike en materiële hulpbronne, asook die verlies aan geheue, aan identiteit en aan die self. Vir SCARCITY skep die Duitse choreograaf Hannah Ma The Void, terwyl die ikoniese Suid-Afrikaanse choreograaf en danser Dada Masilo haar eerste werk vir Joburg Ballet skep, naamlik Salomé, geïnspireer deur die teaterstuk deur Oscar Wilde. Die derde ballet is die eerste Suid-Afrikaanse opvoering van Azul deur Jorge Pérez Martínez – ’n Spaanse choreograaf wat in Nederland gebaseer is – getoonset op musiek vir klassieke kitaar.