Dit is vir die Wes-Kaapse regering ’n voorreg en ’n plesier om as borg en deelnemer deel te wees van die wonderlike geleentheid, en ons wens Crispin Sonn, Hugo Theart en hul span alles van die allerbeste toe vir vanjaar se skouspel.
Soos altyd bied die Wes-Kaapse regering sy volle ondersteuning vir die fees. Ek en verskeie van my kollegas sal hier wees om die kunste te geniet en te luister na wat feesgangers en kunstenaars op die hart het.
Daar is ’n wye verskeidenheid op die program vir almal om te geniet, van die visuele kunste en die diskoerse tot die vlooimark, toneel, gesinspret en musiekaanbiedinge. Dit is wat die KKNK so spesiaal maak, en hoekom dit so ’n spesiale plek in al ons harte het.
Kom ons geniet die fees, en maak dit die lekkerste ooit!
FOTO:
Anroux Marais
Minister van kultuursake en sport: Wes-Kaapse regering