MET Amanda Strydom en Coenraad Rall (klavier) TEKS Hennie Aucamp en Amanda Strydom REGIE EN VERVAARDIGER Amanda Strydom MUSIEKREGIE Coenraad Rall
Amanda Strydom lewer met hierdie vertoning ’n kragtoer met die werke van haar mentor, Hennie Aucamp, die vader van Afrikaanse kabaret. Aucamp is op 20 Maart 2014 oorlede en hierdie vertoning is Strydom se eerbetoon aan haar meester tien jaar ná sy dood. Aucamp se liedtekste is getoonset deur Strydom, Lize Beekman en die gelyknamige album is in 1998 benoem vir ’n Sama-prys vir beste klankbaan in ’n musiekblyspel. Strydom vertolk ook verskeie monoloë en liedjies uit Aucamp se pen – die resultaat: egte literêre kabaret.
Amanda Strydom is ook te sien in Hoe ons voel.