MET Amanda Strydom, Coenraad Rall (klavier) en Frank Freeman (kitaar) TEKS Amanda Strydom REGIE Amanda Strydom en Saartjie Botha MUSIEKREGIE Coenraad Rall MUSIEK Johannes Kerkorrel, Amanda Strydom en Koos du Plessis VERVAARDIGER Amanda Strydom
Johannes Kerkorrel 22 jaar later. Nooit vergete. Amanda Strydom skryf ’n brief vir en bring hulde aan haar vriend Ralph Rabie. Ervaar sy bekende liedjies in ’n nuwe lig – die ander sy van ’n ikoon wat ons te vroeg verloor het. Pianis Coenraad Rall en kitaarmaestro Frank Freeman skilder saam met Strydom ’n musieklandskap vir hierdie aangrypende produksie. Amanda en Ralph, beter bekend as Johannes Kerkorrel, was vir 23 jaar lank vriende. In ’n persoonlike brief skryf Strydom aan Rabie en gedenk die 22ste jaar van sy dood. Hoe ons voel is benoem vir die Woordtrofee vir beste solo- of duo-musiekuitvoering by die Toyota US Woordfees in 2023. Strydom het dié produksie in opdrag van die Universiteit Stellenbosch Musiekindaba geskryf.
Amanda Strydom is ook te sien in ‘n Vuur gevang in glas.