André Schwartz: Any Dream Will Do – My pad met Webber

MET André Schwartz, Mauritz Lotz (kitaar) en Dawid Boverhoff (klavier) TEKS André Schwartz REGIE Matthew Counihan MUSIEKREGIE Bryan Schimmel MUSIEK Andrew Lloyd Webber STELONTWERP Dennis Hutchinson VERVAARDIGER André Schwartz Marketing

Gestroop en rou. Waar begin en eindig drome? Wat doen jy as die kleure van jou lewensjas verander? Sedert Phantom of the Opera is daar ’n persepsie dat André Schwartz en Andrew Lloyd Webber kuiermaats is. Die storielyn is ’n vertelling wat hierdie wisselwerking deur musiek en gesprek ontgin. Lewenslesse word deur die musiekervarings gedeel. Liedjies soos “Any Dream Will Do”, “Love Changes Everything”, “You Must Love Me”, “Send in the Clowns”, “Music of the Night”, “Memory” en “Pie Jesu” is ingesluit.

Afrikaans • Gesin • 85 min.
R250 (vooraf) • R225 (Vriende van die KKNK) • R275 (by die deur)
29 Maart, 14:00
30 Maart, 17:30
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Albert de Vos sing sy oorspronklike musiek en Izak de Vries dra gedeeltes uit Hennie Aucamp se dagboeke voor. Een van die liedtekste handel oor ...
Johannes Kerkorrel 22 jaar later. Nooit vergete. Amanda Strydom skryf ’n brief vir en bring hulde aan haar vriend Ralph Rabie. ...
Petronel Baard, gevierde musikant en sanger, span kragte saam met skrywers Chanette Paul en Jan van Tonder vir ’n lieflike woordkuns-en-musiekaanbieding. ...