MET Chanette Paul, Jan van Tonder, Alzanley en Petronel Baard TEKS Chanette Paul en Jan van Tonder MUSIEKREGIE Petronel Baard VERHOOGBESTUURDER Alta Scott VERVAARDIGER Lang Vrou Produksies
Petronel Baard, gevierde musikant en sanger, span kragte saam met skrywers Chanette Paul en Jan van Tonder vir ’n lieflike woordkuns-en-musiekaanbieding. Voorlesings en staaltjies word geëggo met musiek wat die skrywers geïnspireer het in hul proses, of wat slim aansluit by verskeie temas uit hul boeke. ’n Musikale kyk agter die skerms na die verhale van boeke soos Murasie, die Vywervrou-trilogie, Sagie, Die verevrou en meer uit die skrywers se penne. Tesame met die talent van Alzanley, ’n ATKV-Crescendo-finalis van 2022, spog Tweeluik met twee skrywers en twee sangers wat kragte saamsnoer vir ’n besonderse boek-en-musiekreis, spesiaal vir die KKNK in 2024.