MET Graeme Lees (kitaar), Vasti Zeeman-Knoesen (mezzosopraan), Brydon Bolton (kontrabas) en Dane Coetzee (tjello) TEKS, VERWERKING EN VERVAARDIGER Graeme Lees REGIE EN VERHOOGBESTUURDERS Graeme Lees en Vasti Zeeman-Knoesen
Is jy moeg vir voorspelbare Afrikaanse poptreffers en oop vir iets nuut en verfrissend? Is jy lus om jouself te bederf met ’n kultureel-verrykende ervaring wat jou lank gaan bybly? Die Bos Parade, met die uiters bekwame musiekensemble Sybrandt Boerewors (kitaar), Wilma Koeksister (stem), Sersant (kontrabas) en Fransie Vermaak (tjello), beloof om jou op ’n musikale reis gevul met tong-in-die-kies-parodieë, kataklismiese verwerkings en nostalgiese volkswysie-verdraaiings te neem. Die befaamde Mariana Malan beskryf dié konsert as “eksperimenteel, maar weldeurdag. . ., met interessante en buitengewone akkoorde en sterk melodieë”. Gratis beskuit word ingesluit.