Gestroop: Niël Rademan

MET Niël Rademan VERVAARDIGER Niël Rademan Produksies

Niël Rademan sing Afrikaanse volksmusiek en ballades. Hy vervleg dit met Europese liedere en melodieë waarvoor hy bekend is. Dit is Afrikaans met ’n internasionale kabaretklub-klank soos lanklaas gehoor. Met klavier, trekklavier en mondfluitjie. Rademan het 20 jaar gelede gedebuteer met herinterpretasies van liedere soos “Sawends” deur Jan Pohl en ook die immergroen “Boereseun” van Danie Bosman. Vanjaar keer hy terug na sy wortels en voeg ’n reeks nuwe liedere, vertalings, sowel as musiek uit sy eie pen hierby. Gestroop is vars en opwindend. Word weggevoer op die maat van swing, die tango, die samba en selfs ’n setees. Hy sing, vertel stories van sy pad tot hier en begelei homself op klavier en trekklavier – soos jare gelede.

Afrikaans • Gesin • 60 min.
R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)
27 Maart, 10:00
28 Maart, 14:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Is jy moeg vir voorspelbare Afrikaanse poptreffers en oop vir iets nuut en verfrissend? Is jy lus om jouself te bederf met ’n kultureel-verrykende ervaring ...
In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en ...