Debuut

Vier Panado’s en ’n Chardonnay

Speelvak ondersteun deur NATi

MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel TEKS EN REGIE Johann Slabbert MUSIEKREGIE Tony Bentel VERVAARDIGER Drama Drama

In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.

Afrikaans • Geen o.13 T • 65 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
26 Maart, 10:00
27 Maart, 12:30
28 Maart, 17:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Is jy moeg vir voorspelbare Afrikaanse poptreffers en oop vir iets nuut en verfrissend? Is jy lus om jouself te bederf met ’n kultureel-verrykende ervaring ...
Niël Rademan sing Afrikaanse volksmusiek en ballades. Hy vervleg dit met Europese liedere en melodieë waarvoor hy bekend is. Dit is Afrikaans met ’n internasionale ...