Visuelekuns-rondleidings

MET Dineke Orton (feeskunskurator)

Dineke Orton, die KKNK se kunskurator, tree om 11:00 op uitgesoekte dae in gesprek met die visuele kunstenaars en kurators wat by die fees uitstal. Elke rondleiding fokus op ’n spesifieke tema as lens waardeur die uitstallings ondersoek kan word.

Sondag 24 Maart               Op watter betekenisvolle maniere verskyn diere in kuns?

Dinsdag 26 Maart              Die waarde van speelsheid en positiwiteit, of erns en bedagsaamheid in kuns.

Donderdag 28 Maart         Op watter maniere help kuns ons om goed op ander maniere te sien?

Saterdag 30 Maart             Wat maak ons mens? En anders van ander diere?

Afrikaans en Engels • Gesin • 75 min.
Gratis
Prince Vintcent-gebou (vertrek vanaf Colbert Mashile se uitstalling op die grondverdieping)

Het jy al gekyk na:

’n Spontane oomblik vasgevang in tyd Nou, en tot in ewigheid Die weer onthou wat dit sal bring ’n lewensgroot herinnering ...
Dis die jaar 1973. Jaco, ’n tienerseun, voel vasgevang in die kleindorpse omgewing waarin hy grootword. Van hul huis se dak af sien hy hul ...
Malebogo Molokoane se werk is ’n artistieke verkenning van die verwikkeldheid van emosionele gebare en gesigsuitdrukkings. Sy skep onvergeetlike, prettige bordspeletjies en inheemse speletjies met ...