Die middag reën roet

MET Kobus Grobler GESPREKSLEIER Daniel Hugo

Dis die jaar 1973. Jaco, ’n tienerseun, voel vasgevang in die kleindorpse omgewing waarin hy grootword. Van hul huis se dak af sien hy hul huishulp, Maria, se elokashini aan die buitewyke van die dorp, die plek waarheen sy pa hom verbied het om te gaan. Hy sukkel om met dié ruwe man, die held wat hy so desperaat nodig het, te praat en om sy onverdraagsaamheid teenoor hom, sy ma en Maria se mense te verstaan. Hy sukkel daarmee dat sy broer hom ’n sissie noem. Geleidelik begin hy verstaan dat dinge nie altyd swart of wit is nie.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
23 Maart, 14:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Daar is baie geskryf en reekse gemaak oor die rol wat beide sosiale en tradisionele media gespeel het om mense se keuses te beïnvloed tydens ...
“Phoebe Gerwel se boek was vir my ’n verrassing. Ek het gemeen ek het ’n redelike idee van die omvang van apartheid se boosheid. Totdat ...
Karoo Kaarte lei ’n gesprek oor die belangrikheid van die skep van gemeenskapsargiewe en die waarde daarvan om dit toeganklik en relevant te maak deur ...