Die middag reën roet

MET Kobus Grobler GESPREKSLEIER Daniel Hugo

Dis die jaar 1973. Jaco, ’n tienerseun, voel vasgevang in die kleindorpse omgewing waarin hy grootword. Van hul huis se dak af sien hy hul huishulp, Maria, se elokashini aan die buitewyke van die dorp, die plek waarheen sy pa hom verbied het om te gaan. Hy sukkel om met dié ruwe man, die held wat hy so desperaat nodig het, te praat en om sy onverdraagsaamheid teenoor hom, sy ma en Maria se mense te verstaan. Hy sukkel daarmee dat sy broer hom ’n sissie noem. Geleidelik begin hy verstaan dat dinge nie altyd swart of wit is nie.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
23 Maart, 14:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Dis ’n eerste: ’n Afrikaanse boek oor diensplig deur ’n vrou geskryf en daarby is sy in haar dertigs. Agterop Anelia Heese se boek word ...
Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. ...
Suid-Afrikaners se grondpadstories: Die joernalis en skrywer Dana Snyman het al Suid-Afrika deurkruis om landsburgers se stories te vertel, en het nes Johannes Kerkorrel tot ...