Beïnvloed die media jou keuses en hoe jy die toekoms van die land sien?

Moontlik gemaak deur Die Burger

MET Willem Jordaan (redakteur van Die Burger), Kenneth Makatees (bedryfsbestuurder van die SAUK in die Wes-Kaap), Marianne Thamm (mederedakteur van The Daily Maverick) en Ivor Price (joernalis en spesialis in media-innovering) GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Daar is baie geskryf en reekse gemaak oor die rol wat beide sosiale en tradisionele media gespeel het om mense se keuses te beïnvloed tydens die 2016-verkiesing in die VSA. Met die oog op ons eie verkiesing later vanjaar word daar gevra wat is die rol en verantwoordelikheid van die media in ’n verkiesingsjaar? Gaan sosiale media ’n faktor wees? Moet die media byvoorbeeld standpunt inneem oor ’n spesifieke party of leier?

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
Gratis
26 Maart, 08:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Vyf jaar hardepad lê vir Suid-Afrika voor. So meen die onafhanklike politieke ontleder Theuns Eloff. Wat lê aan die ander kant van die gordels intrek ...
Die KKNK se Karoo Kaarte is ’n grensverskuiwende openbaredeelname-storievertelprojek, gestig in 2021, wat ’n reeks van kreatiewe metodes (teater en visuele kuns) en navorsingsmetodologieë gebruik ...
Die storie van die sogenaamde Facebook-verkragter, die minnares en die ontsnapping uit sel 35 het die land aan die gons gehad. ...