The End of Eden

MET Adam Welz GESPREKSLEIER Hans van der Veen

Wat het veroorsaak dat ’n megatrop van sowat 211 000 saiga-wildsbokke in 2015 binne vyf dae in Kazakstan gevrek het? Wat het al die langer droogtes en verwoestende storms te doen met varswatervelsiekte wat al meer onder dolfyne oor die wêreld heen voorkom? Dis die soort kwessies wat Adam Welz bekyk in sy baanbrekerboek The End of Eden, wat op klimaatineenstorting fokus. “Dit is ’n ontstellende en belangrike boek, ’n kalm beskrywing van ’n katastrofe, asof Vermeer besluit het om ’n verskriklike gruwel in ‘stadige aksie’ te skilder.” So skryf The New York Times hieroor.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
29 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

De Rust Koktyls is ’n baie spesiale kalender, met ’n besonderse storie. Dit is ’n versameling ongewone portrette van De Rust-inwoners en talle stories van ...
Meer mense praat nou Afrikaans as ooit vantevore, selfs ook “inkommers”. Jy kan deesdae enige Chinese winkelkompleks besoek en jy sal minstens een Chinese persoon ...
Dié wonderlike storie speel af op Bitterwater, ’n dorpie wat mens laat dink aan Lekkersing en Eksteenfontein in die Noord-Kaap. ...