The End of Eden

MET Adam Welz GESPREKSLEIER Hans van der Veen

Wat het veroorsaak dat ’n megatrop van sowat 211 000 saiga-wildsbokke in 2015 binne vyf dae in Kazakstan gevrek het? Wat het al die langer droogtes en verwoestende storms te doen met varswatervelsiekte wat al meer onder dolfyne oor die wêreld heen voorkom? Dis die soort kwessies wat Adam Welz bekyk in sy baanbrekerboek The End of Eden, wat op klimaatineenstorting fokus. “Dit is ’n ontstellende en belangrike boek, ’n kalm beskrywing van ’n katastrofe, asof Vermeer besluit het om ’n verskriklike gruwel in ‘stadige aksie’ te skilder.” So skryf The New York Times hieroor.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
29 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Karoo Kaarte lei ’n gesprek oor die belangrikheid van die skep van gemeenskapsargiewe en die waarde daarvan om dit toeganklik en relevant te maak deur ...
Die bedrywige Wendy Maartens het ’n verbeelding so groot soos die hemelruim. So beskryf sy haarself: “ ’n Skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg ...
Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. ...