Twa die tydloper

MET Anoeschka von Meck GESPREKSLEIER Frieda le Roux

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak die tyd soms ’n deur agtertoe oop. Die meesterstoriespinner en skepper van onder meer Vaselinetjie en Annerkant die longdrop weef weer ’n storie wat jou verbeelding saam met hare op ander paaie sal laat loop.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
29 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Die storie van die sogenaamde Facebook-verkragter, die minnares en die ontsnapping uit sel 35 het die land aan die gons gehad. ...
Meer mense praat nou Afrikaans as ooit vantevore, selfs ook “inkommers”. Jy kan deesdae enige Chinese winkelkompleks besoek en jy sal minstens een Chinese persoon ...
Die KKNK se Karoo Kaarte is ’n grensverskuiwende openbaredeelname-storievertelprojek, gestig in 2021, wat ’n reeks van kreatiewe metodes (teater en visuele kuns) en navorsingsmetodologieë gebruik ...