Twa die tydloper

MET Anoeschka von Meck GESPREKSLEIER Frieda le Roux

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak die tyd soms ’n deur agtertoe oop. Die meesterstoriespinner en skepper van onder meer Vaselinetjie en Annerkant die longdrop weef weer ’n storie wat jou verbeelding saam met hare op ander paaie sal laat loop.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
29 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

’n Albaster in ’n slagoffer se hand is al leidraad wat Petunia Moraleng, Sidney Gilroy se wonderlike nuwe speurder, het om te gebruik as hoofondersoeker ...
Die bedrywige Wendy Maartens het ’n verbeelding so groot soos die hemelruim. So beskryf sy haarself: “ ’n Skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg ...
Poem Mooney, digter en oudonderwyser van Oudtshoorn, droom van’n huis van Bokkeveld-skalieklip wat hy vir hom bou. Hier wil hy alleen wees sodat hy in ...