Anoniem

MET Chanette Paul GESPREKSLEIER Elna vander Merwe

Chanette Paul se splinternuwe roman is op die rakke. Dis die storie van Lula Prins wat op Heydendal ’n nuwe lewe begin. Maar anoniem. As sy haar gewete verkrag. As sy die universele wet uittart wat bepaal dat boontjie sy loontjie kry. Vier jaar lank lyk dit asof sy skotvry daarvan afgekom het tot sy, as manuskripontwikkelaar vir Belletrie Uitgewers, ʼn manuskrip ná drie herskrywings finaal afkeur. Vir die tweede keer is sy aandadig aan iemand se dood. Dié keer die onkonvensionele, disleksiese Kriek Kruger se broer. En Kriek is vasberade om uit te vind wie sy broer tot selfdood gedryf het.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
24 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Baie Suid-Afrikaners smag na doeltreffende en etiese leierskap, op regeringsvlak asook in die private en openbare sektor. Maar is daar leiers wat werklik die mas ...
Mia Spies vra verskeie partye of daar plek is vir Afrikaanssprekende kiesers in hul party. Sy fokus ook op wat die partye doen om inklusief ...
Daar is baie geskryf en reekse gemaak oor die rol wat beide sosiale en tradisionele media gespeel het om mense se keuses te beïnvloed tydens ...