Leo

MET Deon Meyer GESPREKSLEIER Hannes van Wyk

Drie jaar moes ons wag, maar hier is Bennie Griessel terug! Uiteindelik wink daar ’n troudag vir hom en sy geliefde Alexa, maar sal hy hierdie afspraak kan hou? Daar is soveel tergende raaisels: ’n Student wat dood gevind word in die berg by Stellenbosch, ’n oudrecce wat vermoor word (is dit ’n boodskap en aan wie?), ’n mooi veldgids wat gaan deelneem aan die grootste geldrooftog ooit en staatskapers wat ondersoeke saboteer. . . In Leo is boewe soos Igen en Christina byna net so fantasties soos die helde en dit maak die spanning net soveel erger. Die storie vloei soos ’n rivier in vloed.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
27 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Vir wie gaan die mense op Oudtshoorn stem en hoe gaan die keuse die toekoms van die dorp beïnvloed? Dié Klein Karoo-dorp is bekend vir ...
Vir Daniel Hugo “was skryf en lees nog altyd ’n vreugde vir die gees”. Hy is al ’n halfeeu lank besig met boeke maak en ...
“Ná ’n stormagtige jaar van aanpassing, besluitneming en verandering behoort die daaropvolgende jare baie beter te verloop. Of is dit te veel gevra? Die verhoudings ...