Steeds bly die liefde

MET Beryl Botman

“Ná ’n stormagtige jaar van aanpassing, besluitneming en verandering behoort die daaropvolgende jare baie beter te verloop. Of is dit te veel gevra? Die verhoudings met die stief- en skoonfamilie versleg en die kloof raak al dieper.” Ondanks haar pogings om regverdig te wees, veral oor ’n eiendom in die boedel, maak die saak ’n draai in die hooggeregshof. Hieroor en oor haar nuwe lewe skryf Beryl Botman in haar opvolg op Sedert die dood ons skei (2022) wat sy geskryf het ná die skielike afsterwe van haar man, prof. Russel Botman, destyds rektor van die Universiteit Stellenbosch.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
30 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Soekenjin is ’n kontemporêre digbundel oor die “internet van dinge”. Dit is verse oor die soeke na liefde, na die self, na betekenis, na die ...
Die KKNK vereer vanjaar vir Poem Mooney, die bekende storieverteller van die Klein Karoo, vir sy waardevolle bydrae tot kuns en kultuur. ...
Baie Suid-Afrikaners smag na doeltreffende en etiese leierskap, op regeringsvlak asook in die private en openbare sektor. Maar is daar leiers wat werklik die mas ...