Die staaltjiemeester – Poem Mooney se skatkis vol stories

Moontlik gemaak deur die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Sosiale Impak en Transformasie

MET Poem Mooney en vriende

Die KKNK vereer vanjaar vir Poem Mooney, die bekende storieverteller van die Klein Karoo, vir sy waardevolle bydrae tot kuns en kultuur. ’n Groep akteurs, onder meer van die Stellenbosch Universiteit, gaan die stories wat Poem geskep en oorvertel het in die vorm van vermaaklike “playback theatre” (improvisasie-teater) vertolk. ’n Paar van sy goeie vriende vertel ook ’n storie of twee oor hom. Deel in die viering van Poem se ongelooflike storieskat en word opnuut herinner aan die waarde van stories en aan die redes waarom ons stories vertel – vir vermaak en om die wêreld effe anders deur ander se oë te sien.

Afrikaans • Gesin • 60 min.
Gratis
24 Maart, 15:00
kykNET-leefarea (grasperk voor Absa Burgersentrum)

Het jy al gekyk na:

Daar is baie geskryf en reekse gemaak oor die rol wat beide sosiale en tradisionele media gespeel het om mense se keuses te beïnvloed tydens ...
Vir wie gaan die mense op Oudtshoorn stem en hoe gaan die keuse die toekoms van die dorp beïnvloed? Dié Klein Karoo-dorp is bekend vir ...
Meer mense praat nou Afrikaans as ooit vantevore, selfs ook “inkommers”. Jy kan deesdae enige Chinese winkelkompleks besoek en jy sal minstens een Chinese persoon ...