Afrikaans vir almal

Moontlik gemaak deur Die Burger, aangebied in samewerking met Son

MET Merlyn van der Rheede (projekbestuurder by die Afrikaanse Taalraad), dr. Diana Ferrus (bekroonde skrywer en digter) en Eugene Shitikulu (werksaam in die mediabedryf) GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Meer mense praat nou Afrikaans as ooit vantevore, selfs ook “inkommers”. Jy kan deesdae enige Chinese winkelkompleks besoek en jy sal minstens een Chinese persoon kry wat Afrikaans praat. Daar is selfs Somaliërs wat Afrikaans praat en as tolke in die hof werk. Daar is soveel mense wat die taal aangryp, ons sien dit ook op sosiale media. Die paneel bespreek Afrikaans as taal vir almal, die verskillende variëteite van die taal en hoe Afrikaans van streek tot streek verskil.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
Gratis
30 Maart, 08:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Karoo Kaarte lei ’n gesprek oor die belangrikheid van die skep van gemeenskapsargiewe en die waarde daarvan om dit toeganklik en relevant te maak deur ...
Politieke ontleders verskil oor die moontlikheid dat die ANC se steun vanjaar tot onder 50% sal daal. Wat sal die gevolge hiervan vir die land ...
Dis die jaar 1973. Jaco, ’n tienerseun, voel vasgevang in die kleindorpse omgewing waarin hy grootword. Van hul huis se dak af sien hy hul ...