Argiewe, storievertelling en kreatiewe praktyk

MET Catherine Kennedy (burgerlike samelewing- en argiefkonsultant), Joanne Peers (onderwyser in omgewingsopleiding), Leach van der Westhuizen (onderwyser) en Poem Mooney (Oudtshoorn-digter en KKNK-vereerde)

Karoo Kaarte lei ’n gesprek oor die belangrikheid van die skep van gemeenskapsargiewe en die waarde daarvan om dit toeganklik en relevant te maak deur kreatiewe metodologieë en praktyke.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
Gratis
26 Maart, 12:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Die KKNK se Karoo Kaarte is ’n grensverskuiwende openbaredeelname-storievertelprojek, gestig in 2021, wat ’n reeks van kreatiewe metodes (teater en visuele kuns) en navorsingsmetodologieë gebruik ...
Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. ...
Die Karoo Kaarte-span span kragte saam met die plaaslike visuele kunstenaar Liza Grobler om ’n openbare muurskildery te skep. ...