In gesprek met Wendy Maartens

MET Wendy Maartens GESPREKSLEIER Elna van der Merwe

Die bedrywige Wendy Maartens het ’n verbeelding so groot soos die hemelruim. So beskryf sy haarself: “ ’n Skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg Suid-Afrikaanse volksverhale, legendes, rympies en ware stories.” Kom luister hoe gesels sy oor haar skryfwerk, onder meer oor haar nuutste pennevrugte: Sankind lees die windSiembamba: Ek lees sing-sing self en Jakkals en Wolf: Ses lekkerlag-stories van twee geliefde skarminkels!.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
26 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

’n Albaster in ’n slagoffer se hand is al leidraad wat Petunia Moraleng, Sidney Gilroy se wonderlike nuwe speurder, het om te gebruik as hoofondersoeker ...
Buiten vir die ANC wat sedert 1994 die septer in Suid-Afrika swaai, is daar ook enkele partye uit opposisie-geledere wat die speelveld oorheers. Wat gaan ...
“Phoebe Gerwel se boek was vir my ’n verrassing. Ek het gemeen ek het ’n redelike idee van die omvang van apartheid se boosheid. Totdat ...