Bloedsomer

MET Sidney Gilroy GESPREKSLEIER Elna van der Merwe

’n Albaster in ’n slagoffer se hand is al leidraad wat Petunia Moraleng, Sidney Gilroy se wonderlike nuwe speurder, het om te gebruik as hoofondersoeker in haar eerste saak op Mooibaai. Die Vrystaatse vlaktes lê nog diep in haar are en sy moet bontstaan om speursers. Hendriks gelukkig te hou. Met uitsonderlike intrige, spanning en selfs humor wys Gilroy met Bloedsomer, sy vierde spanningsroman, waarom hy so gewild en gerekend is. Sy debuut, Klikbek, is vir verskeie pryse benoem, die opvolg, Middernag, is met die kykNET-Rapport-filmprys bekroon en Vlam is vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Nie sleg vir ’n digitale spesialis wat vir die lekkerte skryf nie.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
28 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. ...
Buiten vir die ANC wat sedert 1994 die septer in Suid-Afrika swaai, is daar ook enkele partye uit opposisie-geledere wat die speelveld oorheers. Wat gaan ...
Dié wonderlike storie speel af op Bitterwater, ’n dorpie wat mens laat dink aan Lekkersing en Eksteenfontein in die Noord-Kaap. ...