Minder as water

MET Morné Malan GESPREKSLEIER Bibi Slippers

Dié wonderlike storie speel af op Bitterwater, ’n dorpie wat mens laat dink aan Lekkersing en Eksteenfontein in die Noord-Kaap. Konst. Cheslin Fielies het sy hande vol met ds. Lodewyk van Helsdingen, die “mal ou Dopper-sendeling” wat meer as een keer kaalstert en gewapen met sy Mauser die strate invaar. Die domineesvrou, Miriam, is “byna stokblind van die katarakte, maar dié hoor mos nou weer allerhande dinge”. Hulle is net ’n paar van die verruklike karakters wat Minder as water ’n boek maak wat jy nie kan neersit nie.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
30 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Karoo Kaarte lei ’n gesprek oor die belangrikheid van die skep van gemeenskapsargiewe en die waarde daarvan om dit toeganklik en relevant te maak deur ...
Baie Suid-Afrikaners smag na doeltreffende en etiese leierskap, op regeringsvlak asook in die private en openbare sektor. Maar is daar leiers wat werklik die mas ...
Vyf jaar hardepad lê vir Suid-Afrika voor. So meen die onafhanklike politieke ontleder Theuns Eloff. Wat lê aan die ander kant van die gordels intrek ...