Phoebe: ’n Lewe saam met Jakes Gerwel

MET Rachelle Greeff

“Phoebe Gerwel se boek was vir my ’n verrassing. Ek het gemeen ek het ’n redelike idee van die omvang van apartheid se boosheid. Totdat Phoebe haar grootwordwêreld, ’n klipgooi van my eie, oopgepraat het. Haar Grassy Park en my Tokai is tien minute van mekaar, maar kon destyds (en nou?) net sowel op verskillende vastelande wees. Al het ons dieselfde taal gepraat, dieselfde kos geëet. Sy het my ook ’n kopskuif oor geestestoornisse present gegee. Weer eens dag ek ek weet, want ek lewe immers self met ’n angsstoornis, en depressie is geen vreemdeling in my huis nie. Totdat sy my in die binnekamers van haar bipolariteit geneem het. Hiervoor eer ek haar.” – Rachelle Greeff, skrywer van die biografie Phoebe: ’n Lewe saam met Jakes Gerwel

Afrikaans • Gesin • 45 min.
Gratis
27 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

’n Albaster in ’n slagoffer se hand is al leidraad wat Petunia Moraleng, Sidney Gilroy se wonderlike nuwe speurder, het om te gebruik as hoofondersoeker ...
Kiesers het vanjaar meer opsies as ooit tevore ten opsigte van politieke verteenwoordiging in die parlement. Die kiesstelsel van die laaste drie dekades se dae ...
Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. ...