MET dr. Oscar van Heerden (senior navorsingsgenoot by die Universiteit van Johannesburg se Sentrum van Afrika-diplomasie en -leierskap, dr. Leslie van Rooi (senior direkteur: sosiale impak en transformasie van die Universiteit Stellenbosch) en dr. Pieter Mulder (voormalige adjunkminister van landbou, bosbou en visserye en oudleier van die VF Plus) GESPREKSLEIER Jody Hendricks
Politieke ontleders verskil oor die moontlikheid dat die ANC se steun vanjaar tot onder 50% sal daal. Wat sal die gevolge hiervan vir die land wees? Sal ’n koalisieregering beter dienste aan burgers kan lewer? Wie gaan met wie saamwerk in dié moontlike koalisie?