Soekenjin

MET Bibi Slippers GESPREKSLEIER Kabous Meiring

Soekenjin is ’n kontemporêre digbundel oor die “internet van dinge”. Dit is verse oor die soeke na liefde, na die self, na betekenis, na die regte woord en na banale inligting op die internet. En oor die aanspraak wat daagliks op ons aandag gemaak word en ons soms op vreemde afdraaipaadjies lei. In hierdie opwindende bundel word die leser oorrompel met verbindings, net soos ons daaraan gewoond geraak het om via die internet aan almal anders verbind te wees. Daar is niemand anders wat soos Bibi Slippers met tegnologie in die Afrikaanse digkuns omgaan nie.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
28 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

“Ná ’n stormagtige jaar van aanpassing, besluitneming en verandering behoort die daaropvolgende jare baie beter te verloop. Of is dit te veel gevra? Die verhoudings ...
’n Albaster in ’n slagoffer se hand is al leidraad wat Petunia Moraleng, Sidney Gilroy se wonderlike nuwe speurder, het om te gebruik as hoofondersoeker ...
Die storie van die sogenaamde Facebook-verkragter, die minnares en die ontsnapping uit sel 35 het die land aan die gons gehad. ...