André Terblanché in konsert

MET André Terblanché en Winand Grundling (klavier) TEKS André Terblanché REGIE André Terblanché en Winand Grundling VERVAARDIGER Prima Produksies

André Terblanché is ’n gevestigde akteur, sanger en kabaretkunstenaar wat onlangs opgetree het in David Kramer se Kanna-bekroonde musiekblyspel Ver in die wêreld Kittie. Winand Grundling begelei hom op klavier en saam neem dié twee vriende van 15 jaar die gehoor op ’n musikale reis wat oorspronklike musiek én vertolkings van bestaande treffers soos “Voshaarnooi” en “Meisie sonner sokkies” insluit. Die gehoor kan uitsien na uittreksels uit hul kabaret Ballade vir ’n backtrack, wat benoem is vir ’n Toyota US Woordfees Woordtrofee. Hulle het albei ’n natuurlike aanvoeling vir kabaret en ’n gedeelde humorsin, wat groot vermaak en verskeie lagbuie waarborg.

Afrikaans • Gesin • 65 min.
R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
30 Maart, 18:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Laatnag, die KKNK se laataand-kuierplek, het net die regte brousels om jou feesdag mee af te sluit. Musiekmoetie, dansdoepa, proesstroop, ’n koppie klets, Karoolug en ...
Helenè Bester en Jannie Moolman span kragte saam om gehore met kontemporêre Afrikaanse musiek te vermaak, met hul goeie humorsin en stemme wat mekaar aanvul. ...
Ná die jare lange sukses van Jakkie Louw en Kevin Leo se produksie Jakkals en Leo, is Jakkie Louw terug met nog ’n asemrowende produksie, ...