André Terblanché in konsert

MET André Terblanché en Winand Grundling (klavier) TEKS André Terblanché REGIE André Terblanché en Winand Grundling VERVAARDIGER Prima Produksies

André Terblanché is ’n gevestigde akteur, sanger en kabaretkunstenaar wat onlangs opgetree het in David Kramer se Kanna-bekroonde musiekblyspel Ver in die wêreld Kittie. Winand Grundling begelei hom op klavier en saam neem dié twee vriende van 15 jaar die gehoor op ’n musikale reis wat oorspronklike musiek én vertolkings van bestaande treffers soos “Voshaarnooi” en “Meisie sonner sokkies” insluit. Die gehoor kan uitsien na uittreksels uit hul kabaret Ballade vir ’n backtrack, wat benoem is vir ’n Toyota US Woordfees Woordtrofee. Hulle het albei ’n natuurlike aanvoeling vir kabaret en ’n gedeelde humorsin, wat groot vermaak en verskeie lagbuie waarborg.

Afrikaans • Gesin • 65 min.
R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
30 Maart, 18:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Leslie Kleinsmith is ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad. Nadat hy sy kuns verfyn het deur meesters soos Nat ...
The award-winning Soweto String Quartet performs at the KKNK. The group has recently started to compile a comprehensive documentary about the life of the late ...
In hierdie produksie vertel Jannie du Toit van “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Dit het legendaries geword en ...