MET Helenè Bester, Jannie Moolman, Franco Engelbrecht (viool en perkussie) en Cornel Engelbrecht (klavier) TEKS, REGIE EN VERVAARDIGERS Helenè Bester en Jannie Moolman MUSIEK Heinrich Pelser en Engeli le Roux
Helenè Bester en Jannie Moolman bied die beste van twee wêrelde vir gehore. Klassiek en lig! Met hul goeie sin vir humor en stemme wat mekaar aanvul, is hierdie produksie ’n moet. Hul treffer “Nag in die Namib”, wat verlede jaar as duo uitgereik is, is ingesluit. Danie Niehaus se pragtige lied “Kleure” is as duet vir hulle verwerk en opgeneem. “Bitterbessie dagbreek”, voorheen gesing deur Anneli van Rooyen, is ook ’n gunsteling wat hulle as duet sing en die hartsnare roer. Helenè gooi ’n tikkie Nana Mouskouri tussenin en Jannie maak sy operastem dik. Gunstelinge van Lucas Maree, Jannie du Toit en Sias Reinecke is ook deel van die program.