Helenè Bester en Jannie Moolman: Nag in die Namib

MET Helenè Bester, Jannie Moolman, Franco Engelbrecht (viool en perkussie) en Cornel Engelbrecht (klavier) TEKS, REGIE EN VERVAARDIGERS Helenè Bester en Jannie Moolman MUSIEK Heinrich Pelser en Engeli le Roux

Helenè Bester en Jannie Moolman bied die beste van twee wêrelde vir gehore. Klassiek en lig! Met hul goeie sin vir humor en stemme wat mekaar aanvul, is hierdie produksie ’n moet. Hul treffer “Nag in die Namib”, wat verlede jaar as duo uitgereik is, is ingesluit. Danie Niehaus se pragtige lied “Kleure” is as duet vir hulle verwerk en opgeneem. “Bitterbessie dagbreek”, voorheen gesing deur Anneli van Rooyen, is ook ’n gunsteling wat hulle as duet sing en die hartsnare roer. Helenè gooi ’n tikkie Nana Mouskouri tussenin en Jannie maak sy operastem dik. Gunstelinge van Lucas Maree, Jannie du Toit en Sias Reinecke is ook deel van die program.

Afrikaans • Gesin • 75 min.
R160 (vooraf) • R145 (Vriende van die KKNK) • R175 (by die deur)
23 Maart, 16:30
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

The award-winning Soweto String Quartet performs at the KKNK. The group has recently started to compile a comprehensive documentary about the life of the late ...
Die tydlose liedjies van die Liedjieboer word weer opnuut waardeer in hierdie samewerking. Dis ’n ervaring wat ons neem van die begin waar Sonja Herholdt ...
Elandré vertolk van jou gunsteling-musiek met die ondersteuning van sy vurige vierstukorkes. Hy keer terug na die platform waar sy liefde vir musiek begin het: ...