MET onder andere Anton Goosen, Sonja Herholdt, Zolani Mahola, Lise Swart, Schalk Joubert en Illimar Neitz
Die tydlose liedjies van die Liedjieboer word weer opnuut waardeer in hierdie samewerking. Dis ’n ervaring wat ons neem van die begin waar Sonja Herholdt en Anton Goosen ontmoet het tot by sy nuutste samewerking met Zolani Mahola. Kom beleef en herleef die verhale en die liedjies saam met die Liedjieboer, drie formidabele vroue en twee topmusikante en vind uit wat hierdie ikoon volksbesit gemaak het.