Blommetjie gedenk aan my

’n KKNK-produksie

MET onder andere Anton Goosen, Sonja Herholdt, Zolani Mahola, Lise Swart, Schalk Joubert en Illimar Neitz

Die tydlose liedjies van die Liedjieboer word weer opnuut waardeer in hierdie samewerking. Dis ’n ervaring wat ons neem van die begin waar Sonja Herholdt en Anton Goosen ontmoet het tot by sy nuutste samewerking met Zolani Mahola. Kom beleef en herleef die verhale en die liedjies saam met die Liedjieboer, drie formidabele vroue en twee topmusikante en vind uit wat hierdie ikoon volksbesit gemaak het.

Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
25 Maart, 10:00
26 Maart, 13:00
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hul sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met ’n volskaalse musiekblyspel wat die verhaal van ’n man en sy ...
Mathys Roets en Anna Davel het 20 jaar gelede vir die eerste keer saam opgetree tydens die opname van Mathys se DVD Vrydag die 13de. ...
The award-winning Soweto String Quartet performs at the KKNK. The group has recently started to compile a comprehensive documentary about the life of the late ...