Mathys Roets en Anna Davel in konsert

MET Anna Davel, Mathys Roets en Jaconell Mouton (klavier) MUSIEKREGIE Jaconell Mouton VERVAARDIGERS Anna Davel en Mathys Roets

Mathys Roets en Anna Davel het 20 jaar gelede vir die eerste keer saam opgetree tydens die opname van Mathys se DVD Vrydag die 13de. Hulle bring nou van hul mooiste liedjies byeen in een lekker saamkuier-show met stories van treine, verlore liefde, nostalgie en blou oseane. Daar word natuurlik ’n heel nuwe kleur aan die oorspronklike Afrikaanse musiek van elkeen se onderskeie albums gegee, onder meer “Fluister”, “Te lank al”, “In my lewe” en “Die gypsy in jou oë”. Meer bekende liedjies word verwerk as duette en die gehoor kan uitsien na die warm klanke van Mathys se diep stem saam met Anna se meer liriese aanslag in die musiek van onder andere Roger Whittaker, Koos Kombuis, Vaya Con Dios, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Neil Diamond en Lucas Maree.

Afrikaans en Engels • Gesin • 75 min.
R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
29 Maart, 12:00
30 Maart, 15:30
31 Maart, 10:00
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Leslie Kleinsmith is ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad. Nadat hy sy kuns verfyn het deur meesters soos Nat ...
Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, ...
In hierdie produksie vertel Jannie du Toit van “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Dit het legendaries geword en ...