Kaapse kabaret met Leslie Kleinsmith en die Ramon Alexander Trio

MET Leslie Kleinsmith, Ramon Alexander, Dylan Tabisher en Annemie Nel TEKS, MUSIEKREGIE EN VERWERKING Ramon Alexander VERVAARDIGER A-Rex Music Initiatives

Leslie Kleinsmith is ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad. Nadat hy sy kuns verfyn het deur meesters soos Nat King Cole, Frank Sinatra en Sammy Davis Jr. in sy vroeë jare te bestudeer, het Kleinsmith uiteindelik ’n gevestigde stem in die Suid-Afrikaanse musieklandskap geword. Deur die jare het hy ook sy vaardigheid in verskeie musiekstyle bewys, waaronder populêre musiek, R&B en big band-swing. In Kaapse kabaret span Kleinsmith kragte saam met die bekroonde kontemporêre Kaapse jazzpianis en musikale regisseur Ramon Alexander en sy trio, om musiek te maak en stories te vertel van sy tyd saam met die legendariese pianis Tony Schilder, sy hoofrolle in treffer-musiekblyspele soos die ghoema-musiekblyspel District Six en Guys and Dolls. Kom luister na die musiek wat gereeld oor die Kaapstad-radiogolwe gehoor word en beleef vir Kleinsmith, wat steeds gehore vermaak waar ook al hy sing.

Afrikaans en Engels • Gesin • 75 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
28 Maart, 11:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede in een produksie op die verhoog. ...
Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hul sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met ’n volskaalse musiekblyspel wat die verhaal van ’n man en sy ...
RAAF: ’n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer gaan laat om vol en ...