Jakkals en Berg: Bella Musica

MET Jakkie Louw en Charlize Berg TEKS EN MUSIEK Jakkie Louw en Charlize Berg MUSIEKREGIE EN VERWERKING Jakkie Louw VERVAARDIGER Jakkie Louw Produksies

Ná die jare lange sukses van Jakkie Louw en Kevin Leo se produksie Jakkals en Leo, is Jakkie Louw terug met nog ’n asemrowende produksie, dié keer saam met Charlize Berg. Sy het jare gelede “Angel” saam met Jakkie opgeneem. Die kombinasie van hul stemme werk besonder goed vir van die mooiste Afrikaanse en Engelse duette met Charlize se suiwer stem en Jakkie se rasperstem. Sien uit na onder meer “Liedjie vir jou”, “Don’t Know Much”, “Islands in the Stream”, “Bella Musica” en verskeie ander oorspronklike werke. Reis saam deur hierdie pragtige musiek.

Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.
R230 (vooraf) • R205 (Vriende van die KKNK) • R255 (by die deur)
25 Maart, 14:00
26 Maart, 12:00
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Wouter van de Venter met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring met sy fluweelstem en klavierspel, bied met hierdie musiek-ode ’n intieme openbaring ...
Helenè Bester en Jannie Moolman span kragte saam om gehore met kontemporêre Afrikaanse musiek te vermaak, met hul goeie humorsin en stemme wat mekaar aanvul. ...
Hierdie samewerkingskonsert beloof om iets uitsonderlik te wees. Moet dit nie misloop nie! ...