CH2: Spanish Fire

MET Corneille Hutten en Christiaan Jacobsz MUSIEKREGIE Corneille Hutten en Christiaan Jacobsz VERVAARDIGER Audio Monster

Wat gebeur as jy Suid-Afrika se voorste kitaarduo en treffers soos “Vyfster”, “Volare”, “Insomnia”, “Billie Jean” en “Bamboléo” saamsmelt? Jy kry Spanish Fire! Die veelbekroonde CH2 is reeds vir dekades aan die voorpunt van virtuose kitaarspel en hou tans ’n wêreldrekord vir die vinnigste kitaarspel. Tydens hierdie optredes gaan hulle probeer om hul eie rekord op die verhoog te verbeter teen 1 000 kitaarslae per minuut. Gaan hulle dit regkry? Kry jou kaartjies en wees deel van hierdie vertoning vir die hele gesin, met ’n wêreldrekord-poging, skreeusnaakse stories uit CH2 se verskeie toere oor die wêreld heen en die bekendstelling van hul nuwe album, wat ook vir die Grammy-pryse ingeskryf gaan word.

Afrikaans en Engels • Gesin • 70 min.
R160 (vooraf) • R145 (Vriende van die KKNK) • R175 (by die deur)
29 Maart, 11:00
30 Maart, 19:00
NATi-Gimsaal

Het jy al gekyk na:

Die tydlose liedjies van die Liedjieboer word weer opnuut waardeer in hierdie samewerking. Dis ’n ervaring wat ons neem van die begin waar Sonja Herholdt ...
Helenè Bester en Jannie Moolman span kragte saam om gehore met kontemporêre Afrikaanse musiek te vermaak, met hul goeie humorsin en stemme wat mekaar aanvul. ...
Stef Bos was byna 30 jaar gelede vir die eerste keer op Oudtshoorn. Uit die staanspoor het dié Nederlandse sanger-liedjieskrywer plaaslike gehore oorrompel met sy ...