Stef Bos: Bijna 30 jaar later

MET Stef Bos TEKS EN REGIE Stef Bos VERVAARDIGER Vuurvlieg CC

Stef Bos was byna 30 jaar gelede vir die eerste keer op Oudtshoorn. Uit die staanspoor het dié Nederlandse sanger-liedjieskrywer plaaslike gehore oorrompel met sy liedjies, sang en stories. Nes in die Lae Lande was “Papa”, van sy debuutalbum Is dit nu later, ook in Suid-Afrika besonder gewild. Sy Suid-Afrikaanse bande het hy verder uitgebou met samewerking met kunstenaars soos Johannes Kerkorrel, Thandi Klaasen, Amanda Strydom, Koos Kombuis en Louis Mhlanga. Hy het verlief geraak op Afrikaklanke, het vir jare al ’n tuiste in Suid-Afrika en van sy liedjies is geskryf in “Bos-taal”, soos hy al in ’n onderhoud daarna verwys het ­ – iets tussen Nederlands en Afrikaans. Hy skep nog onophoudelik en toer gereeld, maar was lanklaas op die verhoog in Oudtshoorn. Bitterlief is die jongste van tientalle albums wat hy al uitgereik het. Hy neem die gehoor met stories en musiek op reis deur hierdie tyd in sy lewe en sy verhouding met Suid-Afrika.

Afrikaans • Gesin • 80 min.
R200 (vooraf) • R185 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
26 Maart, 10:00
27 Maart, 14:00
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Albert de Vos sing sy oorspronklike musiek en Izak de Vries dra gedeeltes uit Hennie Aucamp se dagboeke voor. Een van die liedtekste handel oor ...
Elandré vertolk van jou gunsteling-musiek met die ondersteuning van sy vurige vierstukorkes. Hy keer terug na die platform waar sy liefde vir musiek begin het: ...
Johannes Kerkorrel 22 jaar later. Nooit vergete. Amanda Strydom skryf ’n brief vir en bring hulde aan haar vriend Ralph Rabie. ...