Margaretastraat: Jannie du Toit

MET Jannie du Toit en Chanie Jonker MUSIEKREGIE Jannie du Toit VERVAARDIGER JNS Musiek

In hierdie produksie vertel Jannie du Toit van “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Dit het legendaries geword en ’n belangrike rol in die Musiek en Liriek-beweging gespeel. Digter-sangers soos Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Jannie du Toit het aspirantskrywers en -sangers geïnspireer met Afrikaanse musiek wat herinner het aan die folk-musiek van die jare sestig. Daar was geen toegangsgeld nie en meeste van die sangers en gehoorlede het sommer op die vloer gesit. Lucas Maree het later vertel hoe hy tydens ’n liedjie-aand besluit het om in Afrikaans te begin skryf. Die musiek en verhale van ’n tiental sonderlinge liedjiemakers word ingesluit.

Afrikaans • Gesin • 80 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
25 Maart, 17:00
26 Maart, 16:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Leslie Kleinsmith is ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad. Nadat hy sy kuns verfyn het deur meesters soos Nat ...
Laatnag, die KKNK se laataand-kuierplek, het net die regte brousels om jou feesdag mee af te sluit. Musiekmoetie, dansdoepa, proesstroop, ’n koppie klets, Karoolug en ...
Jak de Priester stel ná vier jaar ’n nuwe album, getiteld Hartkamer, bekend. Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n ...