Aanskou die mens

MET Winand Grundling (orrel) en Johann Nel (verteller) TEKS EN VERVAARDIGER Erns Grundling REGIE Winand Grundling

Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, Nelson Mandela se vrylating, die Springbokke se eerste Wêreldbeker-oorwinning, die dood van prinses Diana, die gebeure van 9/11 en die Covid-19-pandemie. Die geliefde akteur en stemkunstenaar Johann Nel dra die destydse brekende nuus van die spesifieke gebeurtenis voor, waarna bekende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie sorg vir ’n intense en emosionele musiekreis deur ons onlangse geskiedenis wat ook die orrel se relevantheid as ’n “kommentator” op groot nuusgebeure beklemtoon. ’n Wye reeks van musiek word ingesluit – van klassiek tot kontemporêr.

Afrikaans • Gesin • 75 min.
R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
29 Maart, 17:00
NGK Park

Het jy al gekyk na:

Laatnag, die KKNK se laataand-kuierplek, het net die regte brousels om jou feesdag mee af te sluit. Musiekmoetie, dansdoepa, proesstroop, ’n koppie klets, Karoolug en ...
Elandré vertolk van jou gunsteling-musiek met die ondersteuning van sy vurige vierstukorkes. Hy keer terug na die platform waar sy liefde vir musiek begin het: ...
Die tydlose liedjies van die Liedjieboer word weer opnuut waardeer in hierdie samewerking. Dis ’n ervaring wat ons neem van die begin waar Sonja Herholdt ...