Roem: ’n Musiekverhaal

’n KKNK-produksie, moontlik gemaak deur NATi, ondersteun deur Homebrew Films, Netwerk24 en RSG

MET Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt en Nelandi Boshoff MUSIKANTE Mauritz Lotz en Blake Hellaby TEKS Deon Meyer MUSIEK EN MUSIEKREGIE Coenie de Villiers REGIE Nicole Holm ONTWERP Stefan Benadé VERHOOGBESTUURDER Mariska Meyer ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Cole Wessels PRODUKSIEBESTUURDER Jaco van Rensburg TEGNIESE ADVISEUR Pieter-Jan Kapp VERVAARDIGERS KKNK, in samewerking met Coenie de Villiers en Deon Meyer

Dis ’n storie oor die kollig,

dis ’n storie oor groot roem.

Patrys wil dit hê.

Haar pa wil dit verdoem.

Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hul sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met die verhaal van ’n man en sy musiek – en die hersenskim van roem, soos net hierdie twee meesters kán. Van die land se heel beste akteurs en musikante werk saam op die verhoog, met ’n verhaal wat in die Karoo wegspring en uitspeel in die glans van die grootstad se liggies.

Lees meer in Netwerk24 se “Coenie de Villiers en Deon Meyer se musiekspel debuteer in Maart op KKNK

Afrikaans • Gesin • 90 min.
R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)
23 Maart, 12:00
24 Maart, 14:00
25 Maart, 14:30
27 Maart, 17:30
28 Maart, 14:00
29 Maart, 10:00
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Hierdie samewerkingskonsert beloof om iets uitsonderlik te wees. Moet dit nie misloop nie! ...
André Terblanché is ’n gevestigde akteur, sanger en kabaretkunstenaar wat onlangs opgetree het in David Kramer se Kanna-bekroonde musiekblyspel Ver in die wêreld Kittie. ...
In hierdie produksie vertel Jannie du Toit van “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Dit het legendaries geword en ...