Jak de Priester: Hartkamer

MET Jak de Priester MUSIEKREGIE EN VERVAARDIGER Jak de Priester

Jak de Priester stel ná vier jaar ’n nuwe album, getiteld Hartkamer, bekend. Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Hy stel sy nuwe album by die KKNK bekend en sing nuwe musiek, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing Much to Lose” en vele meer.

Afrikaans • Gesin • 90 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
29 Maart, 18:30
30 Maart, 12:00
31 Maart, 13:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hul sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met ’n volskaalse musiekblyspel wat die verhaal van ’n man en sy ...
Mathys Roets en Anna Davel het 20 jaar gelede vir die eerste keer saam opgetree tydens die opname van Mathys se DVD Vrydag die 13de. ...
André Terblanché is ’n gevestigde akteur, sanger en kabaretkunstenaar wat onlangs opgetree het in David Kramer se Kanna-bekroonde musiekblyspel Ver in die wêreld Kittie. ...