Jak de Priester: Hartkamer

MET Jak de Priester MUSIEKREGIE EN VERVAARDIGER Jak de Priester

Jak de Priester stel ná vier jaar ’n nuwe album, getiteld Hartkamer, bekend. Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Hy stel sy nuwe album by die KKNK bekend en sing nuwe musiek, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing Much to Lose” en vele meer.

Afrikaans • Gesin • 90 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
29 Maart, 18:30
30 Maart, 12:00
31 Maart, 13:30
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, ...
Leslie Kleinsmith is ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad. Nadat hy sy kuns verfyn het deur meesters soos Nat ...
Wouter van de Venter met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring met sy fluweelstem en klavierspel, bied met hierdie musiek-ode ’n intieme openbaring ...