Beste vriende sing Laurika

MET Wouter van de Venter en Clinton Waring TEKS EN REGIE Anél Wood ADJUNKREGIE Luan Jacobs MUSIEKREGIE Wouter van de Venter en Clinton Waring MUSIEK van Laurika Rauch VERVAARDIGER Wouter van de Venter

Wouter van de Venter (van “As die hippies begin dans”- en “Beste vriende”-faam) met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring (bekroonde pianis en begeleier) met sy fluweelstem en klavierspel, bied met hierdie musiek-ode ’n intieme openbaring van die mens agter die ikoniese status en die vriendin agter Suid-Afrika se geliefde sangeres Laurika Rauch. Aangrypende nuwe verwerkings van treffers soos “Die gang” en “Op Blouberg se strand” beloof om ’n hoendervel-mooi ervaring te wees en fabelagtige weergawes van onder meer “Toemaar die donker man” en “My ou tante Koba” neem gehore op ’n herinneringsreis wat die hartsnare sal roer. In hierdie terugblik van Wouter en Clinton se sewe jaar van optredes saam met Laurika Rauch – van Rustenburg tot die Royal Albert Hall in Londen en van Worcester tot Wembley – word staaltjies en herinneringe van hul orkesjare saam vertel wat nog nooit tevore gehoor is nie. Gehore hoor ook meer oor waar en hoe die legendariese liedjieskrywer Christopher Torr met lirieke vorendag gekom het vir bekende liedjies soos “Stuur groete aan Mannetjies Roux”.

Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
29 Maart, 19:30
30 Maart, 14:30
NATi-Gimsaal

Het jy al gekyk na:

In hierdie produksie vertel Jannie du Toit van “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Dit het legendaries geword en ...
Van Mesopotamië tot Mariah, die liefdeslied was nog altyd die kern van populêre musiek. Historici en musikante is reeds dekades besig om die verlore musiek ...
The award-winning Soweto String Quartet performs at the KKNK. The group has recently started to compile a comprehensive documentary about the life of the late ...