RAAF

MET Lourens en Esté Raaf 

RAAF: ’n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer gaan laat om vol en kleurvol te lewe. Hul genre kan nie tot een woord beperk word nie. Hul lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hul musikaliteit en energie het gehore as lewensveranderend beskryf. Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders – elke dag is ’n avontuur, elke oomblik ’n geleentheid. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe Prediker-album, asook van die ou gunstelinge na die KKNK. Met die verhoog vol instrumente en ’n skatkis vol stories, beloof dit om ’n optrede te wees wat jy nie wil misloop nie. Klim op die RAAF-tuig vir ’n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en beslis gaan lus maak vir ’n partytjie – ’n musiekervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!

Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
24 Maart, 12:00
25 Maart, 11:00
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Ná die jare lange sukses van Jakkie Louw en Kevin Leo se produksie Jakkals en Leo, is Jakkie Louw terug met nog ’n asemrowende produksie, ...
Elandré vertolk van jou gunsteling-musiek met die ondersteuning van sy vurige vierstukorkes. Hy keer terug na die platform waar sy liefde vir musiek begin het: ...
Leslie Kleinsmith is ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad. Nadat hy sy kuns verfyn het deur meesters soos Nat ...