RAAF

MET Lourens en Esté Raaf 

RAAF: ’n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer gaan laat om vol en kleurvol te lewe. Hul genre kan nie tot een woord beperk word nie. Hul lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hul musikaliteit en energie het gehore as lewensveranderend beskryf. Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders – elke dag is ’n avontuur, elke oomblik ’n geleentheid. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe Prediker-album, asook van die ou gunstelinge na die KKNK. Met die verhoog vol instrumente en ’n skatkis vol stories, beloof dit om ’n optrede te wees wat jy nie wil misloop nie. Klim op die RAAF-tuig vir ’n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en beslis gaan lus maak vir ’n partytjie – ’n musiekervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!

Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
24 Maart, 12:00
25 Maart, 11:00
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede in een produksie op die verhoog. ...
Stef Bos was byna 30 jaar gelede vir die eerste keer op Oudtshoorn. Uit die staanspoor het dié Nederlandse sanger-liedjieskrywer plaaslike gehore oorrompel met sy ...
Elandré vertolk van jou gunsteling-musiek met die ondersteuning van sy vurige vierstukorkes. Hy keer terug na die platform waar sy liefde vir musiek begin het: ...