Drie van die bestes

MET Mathys Roets, Danie Niehaus, Germandt Geldenhuys en Jaconell Mouton (klavier) MUSIEKREGIE Jaconell Mouton  VERHOOGBESTUURDER Marianne Lochner

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede in een produksie op die verhoog. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a capella- en samesang wat hulle ’n gedugte kombinasie maak. As solo-kunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg. Gesamentlik maak hierdie drie kunstenaars al musiek vir meer as ’n eeu en saam met die bekende pianis, Jaconell Mouton, sorg hulle vir ’n ongelooflike musikale reis.

Afrikaans, Engels en Italiaans • Gesin • 80 min.
R190 (vooraf) • R170 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
30 Maart, 10:00
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Wouter van de Venter met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring met sy fluweelstem en klavierspel, bied met hierdie musiek-ode ’n intieme openbaring ...
Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, ...
Die tydlose liedjies van die Liedjieboer word weer opnuut waardeer in hierdie samewerking. Dis ’n ervaring wat ons neem van die begin waar Sonja Herholdt ...