Drie van die bestes

MET Mathys Roets, Danie Niehaus, Germandt Geldenhuys en Jaconell Mouton (klavier) MUSIEKREGIE Jaconell Mouton  VERHOOGBESTUURDER Marianne Lochner

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede in een produksie op die verhoog. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a capella- en samesang wat hulle ’n gedugte kombinasie maak. As solo-kunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg. Gesamentlik maak hierdie drie kunstenaars al musiek vir meer as ’n eeu en saam met die bekende pianis, Jaconell Mouton, sorg hulle vir ’n ongelooflike musikale reis.

Afrikaans, Engels en Italiaans • Gesin • 80 min.
R190 (vooraf) • R170 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
30 Maart, 10:00
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Hierdie samewerkingskonsert beloof om iets uitsonderlik te wees. Moet dit nie misloop nie! ...
Wat gebeur as jy Suid-Afrika se voorste kitaarduo en treffers soos “Vyfster”, “Volare”, “Insomnia”, “Billie Jean” en “Bamboléo” saamsmelt? Jy kry Spanish Fire! Die veelbekroonde ...
Ná die jare lange sukses van Jakkie Louw en Kevin Leo se produksie Jakkals en Leo, is Jakkie Louw terug met nog ’n asemrowende produksie, ...