Zolani en Dozi: Die kort en die lank

MET Zolani Mahola (The One Who Sings) en Dozi

Zolani Mahola (deesdae bekend as The One Who Sings) en Dozi deel vir die eerste keer die verhoog vir twee intieme optredes met volksmusiek en stories in hierdie unieke samewerking tussen twee geliefde Suid-Afrikaanse musikante. Zolani het in 2002 die aandag getrek en Suid-Afrikaners oorrompel as die sangeres van die groep Freshlyground. In 2019 het sy haar vlerke as sanger-liedjieskrywer gesprei en ’n sololoopbaan aangepak. Sy is ook bekend vir haar suksesvolle samewerking met talle kunstenaars, ingesluit Karen Zoid, en haar jongste samewerking beloof om iets besonders te wees. Dozi, bekend vir enigiets van “Ou ryperd” tot sy vertolking van verskeie Zoeloe-liedjies, sal vir die eerste keer in tien jaar weer op toer wees, met hierdie samewerkingskonsert wat beloof om iets uitsonderlik te wees. Moet dit nie misloop nie!

Afrikaans, Engels, Zoeloe en Xhosa • Gesin • 75 min.
R250 (vooraf) • R220 (Vriende van die KKNK) • R260 (by die deur)
23 Maart, 20:00
24 Maart, 10:00
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Mathys Roets en Anna Davel het 20 jaar gelede vir die eerste keer saam opgetree tydens die opname van Mathys se DVD Vrydag die 13de. ...
Van Mesopotamië tot Mariah, die liefdeslied was nog altyd die kern van populêre musiek. Historici en musikante is reeds dekades besig om die verlore musiek ...
Elandré vertolk van jou gunsteling-musiek met die ondersteuning van sy vurige vierstukorkes. Hy keer terug na die platform waar sy liefde vir musiek begin het: ...