MET onder andere Zietske Saaiman, Meiko Jaftha, Glenisha Tarentaal, Colin Meyer, Tayla Damons, Diano October en Melikhaya Blou KURATOR Vaughn Sadie
Argief is saamgestel uit die Karoo Kaarte-projekargief. Die uitstalling is geïnspireer deur kunswerke wat tydens die verskeie openbaredeelnameprosesse geskep is, asook werke wat deur die visuelekuns-span vir die vele kreatiewe uitkomste uit 2023 en 2022 gemaak is. Vaughn Sadie ondersteun die Karoo Kaarte-span deur ’n kuratorsproses, wat die rol van collage en illustrasie verken om die projekargief vir die publiek te onthul.
Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.