ILLUSTREERDERS Colin Meyer, Diano October en Ferron Booysen KONSEP, ONTWERP EN UITLEG Vaughn Sadie
Soortgelyk aan Elemente, die Loop speel-zines en die kinderstorieboek Spekskiet en tande tel, skep Karoo Kaarte ’n eerste grafiese roman gebaseer op ’n keur van stories en teks uit hul eerste teaterproduksie, Op hierie dag. In 2024 stel die span ’n grafiese roman bekend wat Domino Gents illustreer, ’n trio van skreeusnaakse plaaslike karakters geskryf en geskep deur Tiffany Saterdaght, Theo Witbooi, Janion Kennedy en Danny B. Drie bejaarde here ontmoet vir hul daaglikse domino-afspraak onder die peperboom in Silvertown. Met snaakse sêgoed, liedjies en staaltjies gee hierdie woordkunstenaars lewe aan interessante mense, oomblikke en plekke van hul tuisdorp, Oudtshoorn.