Becoming Animal

MET Bevan de Wet, Diana Hyslop, Heidi Mielke, Leanne Olivier, Richard Specs Ndimande, Rosemarie Marriott, Sifiso Themba, Wilma Cruise KURATORS Richard Specs Ndimande en Dineke Orton

“Om dier te word” verwys na die idee om in ’n dier te transformeer, hetsy deur fisieke eienskappe of in karakter. Maar wat beteken dit om iets anders te word? Volgens die Franse denkers Gilles Deleuze en Félix Guattari is “om dier te word” ’n tussenin-toestand. Om dier te word, is om van ’n vaste gevoel van wie jy is te gaan na iets wat aanhou beweeg en verander. Iets “onstabiel”. Volgens hulle moet die mens ontmens om dier te word. Dit is iets wat “die dier aan die mens voorstel deur ’n uitkoms of wyse van ontvlugting aan te dui waaraan die mens nooit self sou gedink het nie”. Miskien is dit ’n manier om diere beter te verstaan en om nader aan die natuur te beweeg.

Hierdie idee word verken op vars, opwindende en kontrasterende maniere deur ’n merkwaardige groep kunstenaars, wat verskillende materiale gebruik, insluitend brons, taksidermie en olieverf.

Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Veeltalig • Gesin
Gratis
23 Maart, 11:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Mense het nog altyd ’n aangetrokkenheid tot diere gehad. Rotskuns oor die wêreld heen illustreer byvoorbeeld hoe diere al vir duisende jare ’n belangrike rol ...
Ek nooi jou om te voel hoe LIG voel, te kyk hoe LIG lyk en te onthou jy het LIG nodig. ...
’n Opwindende en interaktiewe rondleiding met aktiwiteite vir die jongspan. Ontdek hoe elkeen verskillend na kuns kyk, hoe om te besluit waarvan jy hou en ...