’n Gegewe perd, ’n tert en ander diere

MET Evert Esterhuizen

Wilde diere hoef nie definieer te word deur die kakie- en vuilgroen uitrustings van wildbewaarders en kleure van grondpad-Land Rovers nie. Met hierdie uitstalling word daar bietjie met die Groot Vyf en ander wilde dierasies se voorkoms gespeel om hulle meer fabulous te maak. Daar word ook gekyk na hoe dit lyk wanneer sogenaamde dierlike eienskappe op mense van toepassing gemaak word: Hoe lyk ’n varkerige metroman of ’n katterige tert? Die simbiotiese verhouding tussen troeteldier en mens word ondersoek – hoe hulle deel is van die mens se wel en wee en hoe ons hul wêreld vorm. Dierlikheid in Afrikaanse metafore kom ook onder die loep.

Die bogenoemde word bekyk deur die lens van die mens se intrinsieke liefde en afhanklikheid van ontwerp – ten opsigte van wat in die natuur voorkom sowel as die invloed wat onder meer helder kleure, herhaling en natuurlike patrone op die mens se gemoed het. Ons het genoeg donkerte in die wêreld. . . Dalk is dit tyd om onsself te omring met lighartigheid, energie, skitterende kleure en patrone!

Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Veeltalig • Gesin
Gratis
23 Maart, 11:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Malebogo Molokoane se werk is ’n artistieke verkenning van die verwikkeldheid van emosionele gebare en gesigsuitdrukkings. Sy skep onvergeetlike, prettige bordspeletjies en inheemse speletjies met ...
Dineke Orton, die KKNK se kunskurator, tree om 11:00 op uitgesoekte dae in gesprek met die visuele kunstenaars en kurators wat by die fees uitstal. ...
Besoek Bottega Kunsgalery vir ’n retrospektiewe uitstalling van Johan Coetzer se kunswerke oor 45 jaar, asook ’n keurversameling kuns en keramiek van bekende kunstenaars. ...