Drawing as Movement

MET Odette Graskie GALERY Berman Contemporary

Drawing as Movement is ’n uitbreiding van ’n jaar lange projek waarin ek mense geteken het tydens interaktiewe tekengeleenthede. Dit het my geleer van toestemming en die magsbalans tussen diegene wat geteken word en die tekenaar, oor spel en intimiteit. Teken is ’n manier om fyner op te let en om die emosies van die deelnemers in daardie vlietende oomblikke raak te sien en vas te vang.

My werk gee aan daardie oomblikke ’n langer lewe, die geleentheid om dit oor te dra tot in die hede. Dit word relevant vir die werk om oor die land heen te reis, want daardie bande wat met mense gevorm word, kry ’n bykomende fisieke bewegingselement. Die verskillende vorme en die verwringing van die papier in die installasies veronderstel beweging en verandering. Elke keer wat ’n werk opnuut geïnstalleer word, tree daar ook ’n herbesinning in, die geleentheid om opnuut te sien en weer te droom.

Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Veeltalig • Gesin
Gratis
23 Maart, 11:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Hierdie tekenervaring is ’n interaktiewe geleentheid met Odette Graskie. Odette nooi die gehoor om deel te neem wanneer sy portrette teken. ’n Opvoerende tekengeleentheid as ...
Boerbokke in truie, bobbejane wat op rusbanke lê en kekkelende hiënas wat manies glimlag. Colbert Mashile se werk word vir drie dekades reeds deur ’n ...
Die Karoo Kaarte-span span kragte saam met die plaaslike visuele kunstenaar Liza Grobler om ’n openbare muurskildery te skep. ...